Pages Navigation Menu
Categories Navigation Menu

Uitstappies

Ons maak ‘n punt daarvan om een maal ‘n kwartaal ‘n spesiale uitstappie te reel vir die kleuters.  Ons probeer so min as moontlik ver te ry met die kleuters omrede die bus dienste taamlik duursaam is.  Dus doen ons twee tuis uitstappies waar ons opwindende en interessante demonstrasies, toneelstukke en poppekasse by die skool laat aanbied deur profesionele firmas en besighede.

Buite uitstappies is baie opwindend vir die kleuters want almal ry in ‘n bus!  Ons neem gewoonlik ‘n paar ouers saam om die onderwysers te help met toesig.  Kleuters se veiligheid is baie belangrik vir ons.  Uitstappies word ook bepaal aan die seisoene en waarde vir geld.  Plekke soos Ushaka Marine World, Bioskoop, Phezulu en nog vele meer word besoek.

FacebookTwitterGoogle+Share