Pages Navigation Menu
Categories Navigation Menu

Voorwoord

skool 021Me Ritha van Zijl
Portie Ouers,

Dit is vir my n voorreg om die hoof van so n puik skool te wees.

Die beheerliggaam, personeel en ouers is n vennootskap by die skool.Ons visie is om die beste Preprimere Skool in Durban te wees. Ons verbind ons daartoe om elke kleuter in n ontspanne atmosfeer met liefde te onderrig en die nodige leiding te verskaf om die kleuter toe te laat om tot sy volle potensiaal te ontwikkel.

Ek is baie trots daarop dat ons skooltjie kan spog met die beste opvoedkundige speelgoed.
Ouers is kliente van die skool. Ek beywer my daartoe om altyd u en die kleuters se behoeftes eerste te stel. Kleuters wat met die regte en die nuutste apparaat gestimuleer word, speel konstruktief en is elke dag maksimaal gestimuleer.

Ons is n Christelike skool wat ons daartoe verbind om elke kleuter met waardes op te voed. Personeelopleiding is van kardinale belang. Drie van ons personeellede is tans besig met verdure opleiding.

Port Natal PP is sateliet van Port Natal Skool.  Ons Graad R kleuters neem deel aan hul Konserte en Boeresport om die beeld as een skool in geheel te bevorder.

Wees verseker by Port Natal Preprimer is u kleuter altyd vir ons nommer een!

Portie groete

Me Ritha van Zijl
SKOOLHOOF