Pages Navigation Menu
Categories Navigation Menu

Lente Boeresport dag – 14 September 2013

Ons Lente Boeresport dag was die ons skooltjie se groot fondsinsamelings projek vir die jaar.   Ons het gevoel dat die Boeresport items meer opwinding sou skep as ons normale Lenteloop projekte.  Elke klas het hul ouers betrek om per klas fondse vir skool in te samel en die kompetisie was groot om te sien watter klas die meeste sou invorder!

Kleuters het die oggend afgeskop met 5 Boeresport punte wat per klas geroteer was. Dit was as volg:

  1. Fietse ry
  2. Marsmellows eet van hangende lyn
  3. Waterbaan met emmertjies vol water
  4. Boontjiesakke gooi in teiken
  5. Trek die teiken aan

Die kinders en ouers het dit verskriklik geniet!  Elke kleuter het ‘n medalje ontvang na hul al 5 bane kompleet het.

Terwyl die opwinding buite in die parkeer area geskied het, het ouers hard gewerk met die klas projekte.

Persklas (10mnd-3jr) – Spring mat

Geelklas (3-4jr) – Tee tuin en karre was

Blouklas (4-5jr) – Meisies naels politoer en seuns tattoos

Groenklas (5-6jr) – Ontbyt rolle en Mnr. en Mej. Pre-Portie

Oranje klas (familie goep 3-6jr) – Allerlei speletjies

Daar was ook stalletjies waar ouers kon rond loop en natuurlik kon die pappa’s 10:30 die rugby kyk in die Oranje klas.

Mnr. en Mej. Pre-Portie het ondersteuning van baie ouers gekry.  Ouderdomme van 3 – 6jr kon deel neem en ons het 3 beoordelaars gekry van buite om die beoordeling so regverdig moontlik te hou.  Ouers het baie moeite gedoen en die kleuters wat deel geneem het, was baie opgewonde!

Mnr. Pre-Portie – Athembele Mkhize

Mej. Pre-Portie – Simonè Langley

1ste Prins – Ryan du Toit

1ste Prinses – Amelia Mostert

2de Prins – Ethan Anderson

2de Prinses – Amelia Mostert

Natuurlik was daar ook ‘n Mnr. en Mej. Persoonlikheid vir die kleuter wat baie selfversekerd was en dit die meeste geniet het.

Mnr. Persoonlikheid – Ryan du Toit

Mej. Persoonlikheid – Taomi Kleynhans

 

Dit was wonderlik om te sien hoe ons ouers hande gevat het en saam gewerk het om hierdie dag ‘n sukses vir die skool en hul kleuters te maak.  Ons sien uit na volgende jaar se projek en ons bedank ons PrePortie ouers vir hul harde werk en die PrePortie personeel vir hul inisiatief wat die dag ‘n groot sukses gemaak het.

FacebookTwitterGoogle+Share